Vermiste bejaarde se liggaam gevind, verdagtes op parool vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD en Reaction Unit South Africa

UMHLALI, KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van Russell Lexton Cromhout (69,) wat van sy plaas vermis geraak het, is gevind. Twee paroolgangers verskyn vandag op aanklagte van moord, huisroof en diefstal in die hof.

Kol. Robert Netshiunda sê die twee verdagtes, 36 en 39 jaar oud, is met die moord van Cromhout, asook huisroof en diefstal op sy plaas verbind. Die polisie het Woensdag 29 Mei ‘n klagte van huisbraak en diefstal in die Waterfall-area in Bo-Tongaat ontvang. Die huis was geplunder en die eienaar sowel as sy voertuig was vermis. Sake van huisbraak en diefstal, sowel as ‘n dossier vir ‘n vermiste persoon is geopen.

Netshiunda sê Saterdag is die ondersoek deur die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade oorgeneem en ‘n verdagte is by ‘n kruidenierswinkel in hegtenis geneem. Hy het die vermiste Cromhout se vuurwapen en ammunisie glo in sy besit gehad. Tydens verdere ondersoek is die tweede verdagte, wat glo Cromhout se vermiste voertuig sowel as huishoudelike items in sy besit gehad het, ook in hegtenis geneem.

Die ondersoek het na ‘n suikkerrietplaas in die Waterfall-area gelei waar Cromhout se liggaam gevind is.

Die verdagtes is aangekla van moord, huisbraak en diefstal, sowel as die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Beide verdagtes het tydens van die ondersoek gesê hulle is op parool vrygelaat.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief