3 vroue van ‘n familie doodgeskiet, 2 gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

UMZINTO, KWAZULU-NATAL. – Drie vroue het gesterf nadat verdagtes Sondagaand op hulle geskiet het. Nog twee vroue, van wie een ‘n meisie (11), is tydens die skietery gewond. Die vroue is almal familie van mekaar.

Kol. Robert Netshiunda sê vier onbekende verdagtes word gesoek.

Die vyf vroue was op pad om in ‘n rondawel te gaan slaap toe vier verdagtes, een met ‘n balaklawa, na bewering die deur oopforseer het. Die verdagte met die balaklawa het glo die vroue wat hy wou doodskiet, uitgewys. Drie vroue, 61, 37 en 28 jaar, het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

‘n Vrou (60) en ‘n meisie (11) het skietwonde aan hulle arms en bene opgedoen.

Netshiunda sê die motief vir die moorde is onbekend, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie. Die vrou (37) wat gesterf het, was glo besig om deur ‘n egskeiding te gaan en het van haar vervreemde man se pensioen geëis.

Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom om die polisie in hul ondersoek te help.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief