Onwettige hommeltuig veroorsaak amper vliegtuigongeluk

Lees ook :

Onwettige hommeltuig veroorsaak amper vliegtuigongeluk
Onwettige hommeltuig veroorsaak amper vliegtuigongeluk fotokrediet: Canva

Lees ook: Sterk winde waai Boeing 737 oor aanloopbaan

KENT, LONDEN. – ‘n Hommeltuig wat onwettig gevlieg is, het 50 vt. van die voorruit van ‘n vliegtuig gekom wat teen 360 m/h gevlieg het.

‘n Boeing B787-8 Dreamliner met 214 passasiers het op 26 Februarie net opgestyg op pad na Indië toe, toe die eerste offisier iets sien aankom het.

Die kaptein en offisier het besef dit is ‘n hommeltuig en het dit by die lugverkeerbeheer aangemeld. Hulle het bevind daar is ‘n groot kans dat die hommeltuig hulle kan tref en ‘n ongeluk veroorsaak.

Die hommeltuig het hulle nie getref nie, maar ander vlieëniers is gewaarsku om versigtig daarvoor te wees.

Die persoon wat die hommeltuig gevlieg het, is nie gevind nie, maar sou krimineel aangekla kon word en tronkstraf ontvang omdat ‘n vlug in gevaar gestel is.

Bronne: Daily Mail, Evening Standard, INKL

Lees ook: MK-party beweer hulle het stembokse in bosse gevind

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief