Lees ook: Waarskuwing vir sneeu in verskeie provinsies uitgereik
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n oranje vlak 6-waarskuwing vir sneeu tot môre in vyf provinsies uitgereik. Temperature sal ook tot onder vriespunt daal.
Sneeu is vir die Noord-Kaap, Vrystaat, Lesotho, Wes-Kaap en Oos-Kaap voorspel.
Die koue temperature sal waarskynlik die res van die week aanhou.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ook gewaarsku oor erge sneeu in Aliwal-Noord wat tot ‘n verlies aan vee kan lei. Escourt word oor sterk winde gewaarsku.
Mense word gevra om versigtig te wees as hulle op die pad is, veral met erge reën in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.
Bronne: The South African, SAWS, The Citizen, Briefly
Lees ook: Waarskuwing vir sneeu in verskeie provinsies uitgereik