Reeksverkragter vir lewenslank en 110 j. tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Nkosikhona Ntshalintshali (36), ‘n reeksverkragter, is in die Breyten-hooggeregshof vir lewenslank en addisioneel nog 110 jaar tronk toe gestuur. Ntshalintshali is skuldig bevind aan verkragtings in Piet Retief gepleeg.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigde het skuldig gepleit, waarna hy op vier aanklagte van verkragting, vier aanklagte van roof met verswarende omstandighede, twee aanklagte van ontvoering en twee aanklagte van huisbraak met die doel om ‘n misdaad te pleeg, gevonnis is. Die misdade is tussen November 2008 tot Junie 2009 gepleeg. Ntshalintshali sou by slagoffers se huise inbreek, hulle met ‘n mes dreig en van waardevolle items beroof. Ander slagofers is weer in die straat oorval en na verlate plekke gesleep. Somtyds is die slagoffers aangerand. Hy het glo saam met twee onbekende makkers gewerk.

Die polisie het hom in 2020 in hegtenis geneem toe hy deur DNS aan misdade gekoppel is. Met bewyse teen hom het Ntshalintshali besluit om skuldig te pleit. Slagofferimpakverklarings is aan die hof voorgehou. Hy is skuldig bevind, gevonnis en onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

“Hierdie vonnis is ‘n getuienis van ons toewyding in die stryd teen die plaag van geslagsgebaseerde geweld in ons gemeenskappe en dit bring afsluiting vir die slagoffers en hul gesinne” sê Sonja Ntuli, die waarnemende direkteur van openbare vervolging in die provinsie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief