Alkohol en sigarette van sowat R1.7 m. in veiligheidskompleks gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – Polisielede wat inligting ontvang het van vermoedelik gesteelde goedere wat tydens ‘n vragmotorkaping bekom is, het Donderdag op sigarette en alkohol in Burgundy Estate beslag gelê. ‘n Verdagte (52) is in hegtenis geneem.

AO Joseph Swartbooi sê polisielede het meer as ‘n week gelede ‘n kapingsklagte in Klapmuts bygewoon. Tydens ondersoek is daar bevestig die voertuig word na ‘n onbekende plek geneem. Tydens die insamel van inligting oor moontlike ontsnaproetes is die ondersoek na ‘n bergingsfasiliteit in ‘n veiligheidskompleks gelei. ‘n Groot besending alkohol en sigarette is ontdek. ‘n Verdagte wat ‘n buitelandse burger is, kon nie ‘n bewys vir aankope voorsien nie en is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Maandag op aanklag van die besit van vermoedelike gesteelde eiendom in die Bellville-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App