KWAZULU-NATAL. – Die polisie het Donderdagmiddag op ‘n perseel in Umgeni Park, noord van Durban, op ‘n groot hoeveelheid dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R1.3 m. afgekom. ‘n Verdagte (46) is in hegtenis geneem.
Kol. Robert Netshiunda sê die polisie was reeds ‘n geruime tyd op die verdagte se spoor. Die uitvoering van ‘n deursoekingslasbrief by ‘n huis in Ronaldostraat in Glen Anil het die polisie na die huis in ‘n kompleks in Umgeni Park gelei.
Netshiunda sê in die wooneenheid is Mandrax, kokaïen en heroïen gevind. Toerusting wat glo gebruik word om dwelms te vervaardig en ‘n onbekende bedrag geld is gekonfiskeer.
Die verdagte is op aanklagte van vervaardiging en handel in dwelms in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting in die hof veskyn.


