Dwelmmiddels met straatwaarde van R1.3 m. onderskep, verdagte vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het Donderdagmiddag op ‘n perseel in Umgeni Park, noord van Durban, op ‘n groot hoeveelheid dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R1.3 m. afgekom. ‘n Verdagte (46) is in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie was reeds ‘n geruime tyd op die verdagte se spoor. Die uitvoering van ‘n deursoekingslasbrief by ‘n huis in Ronaldostraat in Glen Anil het die polisie na die huis in ‘n kompleks in Umgeni Park gelei.

Netshiunda sê in die wooneenheid is Mandrax, kokaïen en heroïen gevind. Toerusting wat glo gebruik word om dwelms te vervaardig en ‘n onbekende bedrag geld is gekonfiskeer.

Die verdagte is op aanklagte van vervaardiging en handel in dwelms in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting in die hof veskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief