Ontbinde liggaam van huurder in buitegebou gevind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Mansliggaam in ‘n ontbinde stadium is Maandagmiddag in Ironsstraat in Verulam gevind na die deur van die gebou oopforseer is.

Reaction Unit South Africa sê die eienaar van die eiendom het omstreeks 18:00 hulp gevra om toegang tot ‘n buitegebou te bekom na hy ongeveer ‘n week gelede laas iets van die huurder gehoor of gesien het.

Reaksiebeamptes is na die adres waar ‘n reuk by die buitegebou waarneembaar was. Die deur is met ‘n breekyster oopforseer.

Die ontbinde liggaam van die man was in die badkamer waar dit aan ‘n dakbalk gehang het.

Omstandighede van die selfdood is nie bekend nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief