Lees ook: MK-partylid in Durban doodgeskiet
Die parlement het alle reëlings, insluitend vlugte en akkommodasie, vir die 58 verkose LP’s van die MK-party vir die eerste parlementêre sitting van die nuwe Nasionale Vergadering (NV) om die president te kies, gekanselleer.
Dit volg na die MK-party na die konstitusionele hof is vir ‘n interdik teen die insweerseremonie.
Die party wil keer dat hoofregter Raymond Zondo by die eerste vergadering van die NV voorsit. Hulle het gesê hulle gaan nie die insweerseremonie bywoon nie.
Volgens die woordvoerder van die NV sal reëlings getref word om hulle in Kaapstad te kry as die party van plan verander. Moloto Mothapo het gesê die besluit om nie nou reëlings te tref vir die MK-party nie is om te keer dat geld gemors word.
Bronne: IOL, EWN, SABC
Lees ook: MK-partylid in Durban doodgeskiet





