Malawiese visepresident vermis na vliegtuig verdwyn

Lees ook :

Malawiese visepresident vermis na vliegtuig verdwyn
Malawiese visepresident vermis na vliegtuig verdwyn fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

MALAWi. – Die Malawiese visepresident en nege ander mense word gesoek na die vliegtuig waarop hulle was, vermis geraak het.

Visepresident Saulos Chilima en nege ander mense was op ’n vlug op pad na die begrafnis van die minister van justisie toe die vliegtuig van die radar af verdwyn het.

Die Malawiese president, Lazarus Chakwera, het gesê die lugvaartowerhede het aanbeveel die vliegtuig moet omdraai oor swak sigbaarheid. Die vlieëniers kon glo nie land nie oor die swak sigbaarheid deur slegte weer veroorsaak. Owerhede het daarna kontak verloor met die vliegtuig toe dit van die radar af verdwyn het.

Bronne: The Washington Post, All Africa, The Independent

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief