Lees ook: Moorde op drie mense word ondersoek
KHAYELITSHA. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op vier persone by ’n manshaarkapper in Khayelitsha.
Die verdagtes, 24 en 28 jaar, is ook verbind aan nege pogings tot moord.
Drie kinders (5, 11 en 12) en ’n volwasse man (30) is dood na verdagtes Saterdagmiddag op mense by ’n manshaarkapper in Khayelitsha begin skiet het. Nog sewe persone is ernstig in die voorval beseer.
Dit is moontlik dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word.
Bronne: IOL, Daily Voice, TimesLIVE
Lees ook: Moorde op drie mense word ondersoek





