Lees ook: SAPD loods soektog na kaping en poging tot moord
KHAYELITSHA. – Drie mense is dood en drie is beseer in ’n skietery by ’n manshaarkapper in Khayelitsha.
’n Groep onbekende gewapende verdagtes het by ’n manshaarkapper ingestap en op die mense begin skiet. Twee kinders (11 en 12) en ’n man (30) is dood. Drie kinders tussen 11 en 15 jaar oud is beseer en in ‘n hospitaal opgeneem vir behandeling.
Die verdagtes het gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die rede vir die moorde is onbekend.
Bronne: SAPD