WES-KAAP. – ‘n Verdagte (56) wat glo in Groot-Brakrivier Stilpayne-tablette verkoop het, is Dinsdagoggend deur die Groot Brakrivier-polisie en Mosselbaai-wetstoepassers in hegtenis geneem.
Sers. Wesley Twigg sê inligting is ontvang van ‘n manspersoon wat na bewering tablette in Greenhaven verkoop. ‘n Deursoekingslasbrief vir die huis is bekom en uitgevoer. Altesaam 1 203 Stilpayne-tablette is gevind en gekonfiskeer. Die verdagte is vir oortreding van die medisynewet in hegtenis geneem.
Twigg sê nadat die man aangekla is, sal hy in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.





