Lees ook: Parlement kanselleer MK-party se vlugte en akkommodasie
Die MK-party se poging om ’n interdik te kry teen die eerste vergadering van die Nasionale Vergadering was onsuksesvol.
Die Konstitusionele Hof het bevind die party het nie genoeg bewyse om die vergadering te keer of uit te stel nie.
Dit het ook gesê die party het nege dae gewag na die uitslae van die verkiesing aangekondig is om ’n aansoek te bring.
Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering waartydens ’n nuwe president en speaker verkies gaan word, vind môre om 10:00 plaas.
[JUST IN] The Constitutional Court has dismissed uMkhonto WeSizwe Party’s application to interdict the first sitting of parliament on Friday.
— EWN Reporter (@ewnreporter) June 12, 2024
The apex court said the party did not produce “facts to establish a prima facie case in respect of the relief it will seek.” TCG pic.twitter.com/kefEiRMgRr
Bronne: EWN, IOL, Jacaranda FM, X
Lees ook: Parlement kanselleer MK-party se vlugte en akkommodasie





