Onwettige Zimbabwiër vir verskeie aanklagte in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Zimbabwiër (35) het Woensdag op verskeie aanklagte – moord, vyf pogings tot moord en twee van brandstigting – in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Hy is ook onwettig in die land.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigde is na bewering op 2 Junie saam met ‘n medepligtige na ‘n kroeg en huise van Moshate-forumlede en hulle familielede. Daar is op hulle geskiet. Daarna is die kroeg en huis aan die brand gesteek. ‘n Vrou wat in die kroeg was, het in die skietery gesterf. Nog vyf persone is tydens die voorval beseer en is steeds in die hospitaal.

Die beskuldigde is op 10 Junie in hegtenis geneem. Sy medepligtige is nog op vrye voet.

Die beskuldigde het vlugtig in die hof verskyn, waarna die saak vir borg en om ‘n regsverteenwoordiger aan te stel ot 19 Junie uitgestel is.

Die beskuldigde bly in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief