KYK: Tshwane-burgemeester deel van operasie teen ‘spikings’

Lees ook :

Foto: The City of Tshwane

GAUTENG. – Cilliers Brink, die burgemeester van Tshwane, het Donderdagnag saam met die polisie en metropolisie die paaie in en om Pretoria gepatrolleer.

Ten spyte van die patrollies is twee insidente van spiking gerapporteer.

Die N1 in ‘n noordelike rigting tussen die N4-oos en Maubane, die N4 in ‘n oostelike rigting tussen die N1-noord en Bronkhorstspruit, die N4 in ‘n westelike rigting tussen die N1-noord en Brits Toll Plaza, asook die R80 tussen Es’kia Mphahlele-rylaan en Soshanguve is as brandpunte geïdentifiseer.

Dit word beklemtoon om nie te stop nie en aan te hou ry tot jy veiligheid bereik het wanneer jy ‘n slagoffer van spiking is. Bel ook dadelik die metropolisie of die polisie.

Foto: The City Of Tshwane

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief