GAUTENG. – Johan Cowan (49), ‘n sakeman van Middelburg in Mpumalanga se skietdood word ondersoek. Hy is Sondag op die N12 Snake Road-afrit in Benoni in sy bakkie gekry.
Kol. Mavela Masondo sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen nadat Cowan omstreeks 03:00 met ‘n skietwond in sy wit Toyota Hilux-bakkie gekry is.
Volgens die Middelburg Observer was Cowan na ‘n myn van die maatskappy Genet Mineral Processing, waarvan hy ‘n direkteur is, uitgeroep. Hy was deurentyd met sy vrou in kontak, maar later het hulle nie meer kontak gehad nie. Om 05:00 die oggend het ‘n speurder sy foon geantwoord en haar die nuus van sy afsterwe meegedeel. Die bakkie het glo nog geluier toe hy gekry is.
Cowan word deur sy vrou en twee jong kinders oorleef.





