Voorverhoor van Bosasa-bedrogsaak uitgestel

Lees ook :

Voorverhoor van Bosasa-bedrogsaak uitgestel
Voorverhoor van Bosasa-bedrogsaak uitgestel fotokrediet: NVG

Lees ook: Liggaam van onbekende man langs pad gevind

PRETORIA. – Die voorverhoor van Bosasa en korrektiewe dienste se saak is tot 7 Augustus uitgestel.

Die voormalige kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, Linda Mti, voormalige DCS- finansiële hoof, Patrick Gillingham, en voormalige Bosasa- finansiële hoof, se saak is uitgestel.

Angelo Agrizzi, voormalige hoof van Bosasa, wat ook in die saak aangekla is, sal ook op 7 Augustus in die hof verskyn. Hy was nie in die hof nie weens gesondheidsprobleme.

Die verdagtes word aangekla op klagtes van bedrog, sameswering om bedrog te pleeg, korrupsie en geldwassery. Hierdie aanklagtes is verbind aan vier tenders wat glo aan Bosasa en hulle filiale toegeken is tot die waarde van meer as R1.8 mjd. Die tenders is tussen Augustus 2004 tot 2007 toegeken.

Bronne: NVG

Lees ook: Liggaam van onbekende man langs pad gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief