Beloning vir vermiste 6-jarige uitgeloof

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Die GKS-eenheid (FCS) in die provinsie het ‘n beloning van R20 000 vir inligting wat tot die opsporing van Junior Mabandla (6) sal lei, uitgeloof.

Junior Mabandla het op 3 Junie vermis geraak. Enigiemand met inligting oor waar die seun hom bevind, kan speur.AO Vusumuzi Makamo by 060 774 9660 of 082 433 7210 bel.

Wenke kan anoniem gemaak word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Junior Mabandla (6) het Maandagmiddag omstreeks 15:00 in Pienaar vermis geraak toe hy van sy ouerhuis weg is om lekkergoed by ‘n spazawinkel te koop.

Kol. Donald Mdhluli sê Mabandla, wat ‘n swart trui en broek aangehad het, is nog nie weer gesien nie. Pienaar-polisie en die gemeenskap het ‘n soektog geloods, maar dit was tot dusver onsuksesvol.

Enigiemand met inligting oor waar Mabandla hom bevind, kan die GKS-bevelvoerder lt.kol. Tinyiko Mnisis by 082 079 2237 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief