Lees ook: Ses verdagtes in hegtenis op aanklag van onwettige mynery
MALIPSDRIFT. – Die liggaam van ’n onbekende man is met verskeie beserings langs die R37 in die Capricorn-distrik gevind.
Die polisie het inligting ontvang oor ’n moord op Woensdag en het op die man se liggaam langs die R37 op pad na die Olifantsrivier afgekom.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie. Die polisie ondersoek die saak.
Bronne: SAPD
Lees ook: Ses verdagtes in hegtenis op aanklag van onwettige mynery