Vermeende skieter van Wendy Kloppers in hof

Lees ook :

Foto: Op lêer

WES-KAAP. – Wendy Kloppers (48), ‘n Metro-amptenaar, is op 16 Februrie by die Power Construction N2 Gateway-perseel in Delft, Kaapstad doodgeskiet. ‘n Verdagte (40) verskyn vandag in die Kaapstad-landdroshof.

Kapt. Frederick van Wyk sê speurders was op die verdagte se spoor en hy het homself aan die polisie oorhandig.

Op die betrokke dag is ‘n skietvoorval, omstreeks 11:30, op die hoek van Magalies- en Mandarastrate aangemeld. Verdagtes het glo te voet by die konstruksieterrein waar huise gebou word, opgedaag en gevra om met ‘n onbekende persoon te praat. Hulle het daarna skielik lukraak op persone begin skiet.

Wendy Kloppers het op die toneel gesterf en ‘n tweede slagoffer (40) is in die arm gewond.

Die verdagte verskyn vandag op aanklagte van moord en poging tot moord in die hof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief