KWAZULU-NATAL. – ‘n Gekaapte GWM-enkelkajuitbakkie is Woensdag na ‘n ongeluk in Waterloo teruggevind nadat dit glo in Wickstraat in Verulam gekaap is.
Reaction Unit South Africa sê na bewering het ‘n verdagte met ‘n vuurwapen die bakkie met geweld by die eienaar in Wickstraat afgeneem.
‘n Inwoner van Pumpkinweg in Waterloo het die operasionele beheerkamer gebel dat die bakkie in ‘n ongeluk betrokke was. Reaksiebeamptes is na die toneel waar die Verulam-polisie en ‘n voertuigopsporingsmaatskappy reeds teenwoordig was.
Die verdagte het van die toneel gevlug voordat owerhede opgedaag het.





