Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry

Lees ook :

Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry
Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry fotokrediet: Canva

Lees ook: Besoekers aan SA gaan eers getoets word vir a-pokke

Die departement van gesondheid het gesê dit is in die proses om nog entstof teen a-pokke te kry. Dit volg na nog ‘n persoon aan a-pokke dood is en 16 bevestigde gevalle van die virus nou aangemeld is.

Drie persone is aan a-pokke in Suid-Afrika oorlede. Enigiemand wat simptome toon, word aangemoedig om mediese hulp te kry. Mense word ook aangemoedig om goeie persoonlike higiëne toe te pas.

Simptome sluit in ’n uitslag wat twee tot vier weke aanhou, koors, hoofpyn, spierpyn, rugpyn, moegheid en geswolle kliere. Die uitslag lyk soos blase of sere en kan op die gesig, palms, voete, geslagsdele asook ander areas van die lyf verskyn.

Bronne: eNCA, Cape Town ETC. Reuters

Lees ook: Besoekers aan SA gaan eers getoets word vir a-pokke

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief