Lees ook: Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry
FLEURHOF, GAUTENG. – ‘n Vrou wat op pad was werk toe was, is gister in Fleurhof doodgeskiet.
Die vrou is deur ‘n onbekende gewapende verdagte geskiet toe sy op ‘n Metrobus wou klim om werk toe te gaan. Die verdagte het glo die vrou op die bus ingewag en haar geskiet toe sy wou inklim.
Volgens die stad van Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Kenny Kunenen, het die vrou by Nedbank gewerk en was dit moontlik ‘n huurmoord.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.
Bronne: The Citizen, Sunday World, Jacaranda FM, Facebook
Lees ook: Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry





