Lees ook: DA en ANC trek tou oor kabinetposisies
Al het die ANC en DA glo ‘n “ooreenkoms” bereik aangaande die kabinet na drie dae van onderhandeling, is daar steeds geen aanduiding van wanneer die president, Cyril Ramaphosa, die kabinet gaan aankondig nie.
Die verwagting was dat pres. Cyril Ramaphosa binnekort die kabinet sou aankondig nadat van die partye glo ‘n “ooreenkoms” bereik het. Dit is onbekend wat die ooreenkoms van die betrokke partye behels.
Die president is ook nog in samesprekings met die MK-party en EFF voor hy sy belangrike aankodiging sal maak.
Die aankondiging aangaande die kabinet is onder meer vertraag na die DA na aanleiding van die verkiesingsuitslae op elf posisies in die kabinet aangedring het en John Steenhuisen as visepresident wil sien.
Bronne: The Citizen, BusinessTech, Moneyweb
Lees ook: DA en ANC trek tou oor kabinetposisies





