Onwettige sigarette en vragmotor op plaas gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – ‘n Vrag onwettige sigarette is Donderdagaand gekonfiskeer nadat ‘n boer ‘n onbekende vragmotor geparkeer op sy plaas in die omgewing van Zeerust opgemerk en dit by die polisie aangemeld het. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem.

Kol. Adéle Myburgh sê een insittende is deur die polisie in die vragmotor aangetref. Die vragmotor is deursoek en onwettige sigarette ter waarde van R1.5 m. is binne-in ontdek. Die vragmotor en sigarette is gekonfiskeer en die verdagte (55) is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal Maandag in die Zeerust-landdroshof verskyn.

Die Valke sal die ondersoek lei.

Myburgh sê dit is die tweede groot besending onwettige sigarette wat binne drie dae onderskep is. In die ander insident, ook soos deur Nuusflits berig is daar deur die SANW op onwettige sigarette van R8 m. in Makgobistad afgekom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief