Pap band help om onwettige sigarette van R8 m. te konfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Die polisie en weermag het Dinsdag ‘n besending onwettige sigarette met ‘n geskatte waarde van R8 m. in ‘n vragmotor, wat na bewering ‘n pap band ondervind het, onderskep.

Kol. Adéle Myburgh sê weermaglede het die grenslyn tussen Suid-Afrika en Botswana naby Makgobistad gepatrolleer. Hulle het ‘n verdagte vragmotor, wat glo weens ‘n pap band gestop het, raakgesien. Die weermaglede het die vragmotor genader, waarna die bestuurder uitgespring en te voet Botswana in gevlug het.

‘n Besending onwettige sigarette is in die vragmotor gevind na die polisie ontbied is. Die besending is gekonfiskeer.

Die ondersoek deur die Valke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief