Inbraak by polisiestasie, verdagtes bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Lucky Mdluli (33) en Keabetswe Jan Sikwa (43) bly in aanhouding nadat hulle Vrydag in die Rustenburg- en Lehurutshe-landdroshowe verskyn het. Die twee het glo in Januaie by Rustenburg-speurtakkantore ingebreek.

Kol. Adéle Myburgh sê tydens die inbraak in Fatima Bhyayatstraat is skootrekenaars, elektriese toerusting en twee vuurwapens met ‘n kluis gesteel.

Tydens die ondersoek is Mdluli geïdentifiseer en Woensdag 26 Junie in ‘n kafee, nie ver van die speurderskantoor nie, in hegtenis geneem. Ondervraging van die verdagte het na Sikwa, in ‘n huis in die Dinokana-woonbuurt, naby Zeerust gelei. By die huis is twee vuurwapens en ammunisie gevind. Een van die vuurwapens se reeksnommer was reeds afgehaal; die ander is tydens die inbraak gesteel.

Beide verdagtes het in verskeie landdroshowe op aanklagte van inbraak en die besit van vermoedelik gesteelde vuurwapens verskyn. Mdluli se inbraaksaak is tot 18 Julie in die Rustenburg-landdroshof uitgestel. Sikwa se saak vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die Lehurutshe-landdroshof is tot 3 Julie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief