KWAZULU-NATAL. – Meer as R3 m. se VSA-dollars (180 000) is Vrydag in die kriminele bate-herwinningsrekening inbetaal. ‘n Finale verbeuringsbevel was gedurende Maart toegestaan.
Kol. Simphiwe Mhlongo sê Idris Abdul Aziz (68), ‘n Pakistani-burger, is op 3 Oktober 2023 by King Shaka Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Die Valke en NVG se batebeslagleggingseenhede het op 25 Oktober 2023 ‘n bewaringsbevel verseker.
Aziz op die dollars op sy liggaam versteek terwyl hy ‘n vlug na Dubai wou neem. Die geld is nie aan die SAID by die lughawe verklaar nie en daar is beslag op gelê. Die Valke is ontbied en Aziz is vir oortreding van die Valuta- en Wisselwet aangekla. Aziz het op 5 Oktober in die Verulam-landdroshof verskyn, waarop hy op R15 000 borg vrygelaat is.
Hy sal op 31 Julie vir ‘n voorverhoor-konferensie in dieselfde hof verskyn.




