Twee tieners doodgeskiet, hulp van gemeenskap gevra

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Tienerseun (18) en ‘n tienermeisie (16) is Saterdag onderskeidelik 02:10 en 08:30 in die Marubeni-woonbuurt in Libode doodgeskiet.

Kapt. Welile Matyolo sê die Libode-polisiestasie vra die hulp van die gemeenskap vir inligting wat tot die vervolging van die verdagtes kan lei. Na bewering het die 18-jarige die 16-jarige, ‘n leerder van Hoërskool Victor Poto, omstreeks 02:10 gebel. Die meisie se liggaam is omstreeks 05:30 met ‘n skietwond in die bolyf in ‘n plas bloed gevind. Omstreeks 08:30 is ook die seun met skietwonde in die bo- en onderlyf in ‘n plas bloed aangetref.

Matyolo sê die motief vir die moorde is onbekend en vorm deel van die ondersoek.

Die polisie vra enigiemand met inligting van die moorde om AO Mthimba by 071 475 2181 te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief