VRYSTAAT. – ‘n Vrou (26) van Mautse, naby Rosendal, het op 2 Julie ‘n saak van gesinsgeweld by die polisiestasie aangemeld nadat sy uit ‘n hospitaal ontslaan is. Sy is glo deur haar kêrel met ‘n byl oor die kop gekap.
AO Mmako Mophiring sê die vrou is na bewering omstreeks 19:00 op 27 Junie na haar kêrel se huis toe waar sy hom glo saam met ‘n ander vrou in die slaapkamer betrap het. Sy het hom gekonfronteer, waarop hy haar gestamp en beledig het. Volgens haar het hy ‘n mes gehad wat sy van hom kon afneem. Hy het daarna glo ‘n byl gevat en haar oor die kop gekap en haar ook gewurg. Sy kon haar huis haal, waar ‘n ambulans ontbied en sy vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas is.
Die Rosendal-polisie het die man (48) op ‘n aanklag vn poging tot moord in hegtenis geneem.
Die verdagte verskyn vandag in die Ficksburg-landdroshof.





