Paar met ‘gesteelde’ voertuigonderdele ter waarde van R1.2 m. vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – ‘n Paar, 55 en 63 jaar oud, is in hegtenis nadat beweerde gesteelde voertuigonderdele met ‘n geskatte waarde van R1.2 m. in hulle besit gevind is.

Kapt. Carmen Rhynes sê in ‘n verklaring inligting is ontvang van ‘n man en vrou wat na bewering met vermoedelik gesteelde eiendom en vervalste goedere uit hul huis in Durban-Noord handel dryf. ‘n Deursoekingslasbrief is bekom, waarna die eiendom deursoek is.

Rhynes sê bokse met voertuigonderdele met bekende handelsmerke is in ‘n kluis en onder ‘n trap gevind. Nog bokse en onderdele is in ‘n stoorkamer en ‘n motorvoertuig wat aan die verdagtes behoort, gevind.

“Tydens ondervraging van die egpaar het hulle versuim om ‘n redelike verduideliking of dokumentasie vir die besit van die vermoedelik gesteelde goedere te verskaf.”

Die onderdele is gekonfiskeer en die egpaar is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

“Bykomende klagtes is moontlik.”

Foto’s: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief