INTERNASIONAAL. – Alec Baldwin (66) het emosioneel geraak toe hy gehoor het die saak van onwillekeurige manslag is teen hom teruggetrek.
Die saak teen Baldwin het na amper drie jaar tot ‘n einde gekom na Halyna Hutchins (42) op die New Mexico-stel van die film Rust geskiet en gesterf het. Hutchins het in Oktober 2021 in ‘n klein kerkie gesterf en Joel Souza, die filmregisseur, is gewond nadat Baldwin die vuurwapen hanteer het.
Hannah Gutierrez-Reed het die lewendige ammunisie na die stel gebring. Sy is aan onwillekeurige manslag skuldig bevind en is ‘n vonnis van 18 maande tronkstraf opgelê.
Baldwin se prokureurs het aan die hof en jurie beweer die polisie en aanklaers het bewyse, in die vorm van ammunisie, wat met die skietery verbind kon word, versteek.
Die regter wat met haar uitspraak verhoed het dat Balwin weer verhoor kon word, was op die vierde dag van die verhoor. Die saak was voorheen ook laat vaar.
Bronne: CNN, AP en BBC





