Buurman gevonnis na pa op seksvideo met minderjarige dogter afkom

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Buurman (47) van ‘n meisie (13), van wie ‘n seksvideo op haar selfoon gevind is, is op aanklagte van voorbereiding van ‘n minderjarige, statutêre verkragting en kinderpornografie gevonnis.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisiebestuur verwelkom die 24 jaar tronkstraf wat aan die beskuldigde in die Port-Nolloth-landdroshof opgelê is. Die pa het op 27 Oktober 2022 ‘n video waarin die buurman seksuele omgang met sy dogter het, op haar foon gekry. Hy het dadelik ‘n klagte by die polisie aanhangig gemaak, waarna die buurman in hegtenis geneem is. Die buurman is op al die aanklagte teen hom skuldig bevind en is Vrydag soos volg gevonnis.

Op aanklag 1 – statutêre verkragting- ‘n vonnis van ses jaar, aanklag 2 – blootstelling van ‘n kind aan pornografie – ses jaar, aanklag 3 – die voorbereiding van ‘n kind – ses jaar en op aanklag 4 – die gebruik van ‘n kind vir pornografie – ‘n verdere ses jaar tronkstraf opgelê.

Aanklag 2 en 4 se vonnisse sal gelyktydig uitgedien word, wat beteken die buurman sal uiteindelik ‘n vonnis van tot 12 jaar tronkstraf uitdien. Sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word en hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Kock sê speur.sers. Shaun Brandt van Port Nolloth-GKS is deur lt.genl. Koliswa Otola vir die suksesvolle ondersoek en afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief