Lees ook: FAA ondersoek Boeing oor suurstofmaskers
VSA. – Die families van die slagoffers wat dood is in twee Boeing 737 Max-ongelukke is ongelukkig met die ooreenkoms wat Boeing met die departement van justisie aangegaan het.
Prokureurs vir die families het gesê hulle gaan ‘n federale regter vra om die ooreenkoms af te keur.
Die families het gesê hulle wil hê Boeing moet meer doen sodat sulke ongelukke nie weer gebeur nie. Hulle wil ook hê Boeing moet aanspreeklik gehou word vir hulle aksies.
Boeing het verlede week ingestem om skuldig te pleit op aanklagtes van bedrog aangaande die ongelukke. Hulle gaan ‘n boete van $243.6 m. betaal en $455 m. oor drie jaar in veiligheidsprogramme belê.
Bronne: USA Today, NPR, VPM
Lees ook: FAA ondersoek Boeing oor suurstofmaskers





