Leeus glo vir liggaamsdele doodgemaak

Lees ook :

Foto: Pixabay

PRETORIA. – Vier leeus is gisteroggend dood by die Rietvlei-natuurreservaat, glo sonder hulle kakebene en pote, gevind.

Luidens die berig het Dana Wannenburg, lid van die burgemeesterskomitee vir omgewings- en landboubestuur, gesê die bewaarders het die karkasse in ’n kamp in die reservaat gevind.

“Hoewel die ondersoek in ’n vroeë stadium is, lyk dit asof die leeus vergiftig is en dat die liggaamsdele verwyder is vir moetie-doeleindes,” het Wannenburg aan Maroela Media gesê.

Wannenburg het gister op sy Facebook-blad gesê dit was ’n hartseer dag in Tshwane, asook vir hom om op so ’n brutale toneel met die leeus te wees.

Lees die volle berig op Maroela Media hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief