Slagoffervriendelike fasiliteit van polisie opgeknap

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die slagoffervriendelike fasiliteit van Upington-polisiestasie, waar slagoffers se privaatheid, respek en waardigheid gehandhaaf word, is opgeknap.

Sers. Omphile Masegela sê slagoffers van geslagsgebaseerde geweld word in die gemak van die fasiliteit gespreek.

“Die slagoffervriendelike fasiliteit is met behulp van die CRC-kerk as deel van hul sosiale projekte, om aan die gemeenskap terug te gee, opgeknap.”

Hierdie tipe fasiliteite is regdeur die land by polisiestasies beskikbaar.

Slagoffers kan sonder om sekondêre aanranding of viktimisasie te vrees, in gemak in die fasiliteit, wat ‘n nuwe voorkoms en gevoel het, gespreek word.

“Die behoeftes van die slagoffers wat by die fasiliteit bygestaan word, is ook met geskenkte ‘waardigheidsbokse’ in ag geneem.”

Hierdie bederfbokse het by verskillende fasiliteite verskeie name, en bevat ook verskillende items, soos byvoorbeeld toiletware. Waar kinders betrokke is, word daar byvoorbeeld ‘n sagte speelding ingesit. Skenkings vir sulke bokse, vir verskillende tipe misdade, is altyd welkom.

“Die SAPD-bestuur het die gebaar van die CRC-kerk erken en waardeer. Hierdie onskatbare gebaar is ‘n duidelike aanduiding van vennootskapspolisiëring tussen die polisie en die burgerlike samelewing.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief