MPUMALANGA. – Verskeie hooggeplaastes het gedurende die naweek die militêre basis wat in Witrivier ontdek is, besoek. Die 95 verdagtes verskyn vandag in die Witrivier-landdroshof.
Kol. Donald Mdhluli sê die Libanese verdagtes verskyn op aanklag van oortreding van die immigrasiewet. Finale reëlings word saam met die departement van binnelandse sake getref. Kommunikasie vind met die hof oor die groot aantal verdagtes plaas, maar tot dusver blyk dit asof almal in dieselfde hof sal verskyn.
Die 95 verdagtes is in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is en daar op ‘n militêre opleidingsfasiliteit afgekom is.
Senzo Mchuna, polisieminister, en genl. Fannie Masemola is van die hooggeplaastes wat die perseel besoek het.





