KYK: Nóg vyf verdagtes in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Nog vyf verdagtes is Dinsdagaand deur die polisie in Cato Crest in ‘n oor-en-weer-skietery dood.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n multidissiplinêre span het inligting oor verdagtes ontvang en was op die spoor om hulle vas te trek. Die verdagtes is in ‘n gehuurde dubbelverdieping-woonstel in Standardweg deur die polisie vasgekeer. Daar is deur vensters op die polisie geskiet en die polisie het teruggeskiet. Nadat die skietery gestaak is, is vyf verdagtes wat noodlottig gewond is in die woonstel gevind. ‘n AK 47-aanvalsgeweer, drie handwapens en dwelms is in die verdagtes se besit gevind.

Netshiunda sê die verdagtes is positief met vier moorde, 13 sake van sakeroof en ‘n kaping in Cato Manor en Durban-Sentraal verbind.

Polisielede is nie tydens die skietery beseer nie.

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief