Skoolbeheerliggaam verwyder na leerder verdrink

Lees ook :

Foto: Women For Change

GAUTENG. – Latoya Temilton (12), ‘n gr.7-leerder van Laerskool Queenswood in Pretoria Moot, het op 20 Januarie tydens ‘n skoolleierskamp by Wag ‘n Bietjie-oord op Witkoppen, Olifantsfontein, in ‘n swembad verdrink.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement, sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys, kuns, sport, kultuur en ontspanning, het ‘n opvolg oor die implementering van die aanbevelings ná ‘n ondersoek na Temilton se dood gegee.

“Die dissiplinêre verhoor ontvou tans, en die SBL-lede is intussen verwyder. Vervangende SBL-lede sal mettertyd verkies word.”

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Steve Mabona van die Gauteng-onderwysdepartement sê Matome Chiloane, die LUR, het hartseer oor die voorval uitgespreek en ‘n onafhanklike ondersoek aanbeveel. Die aanstelling van ‘n onafhanklike prokureursfirma vir die ondersoek is onderweg. Ouers van die oorledene en die skool sal aan die firma bekendgestel word.

Mabona sê die polisie ondersoek die voorval. Verteenwoordigers van die skool en departement het die ouers van die oorledene besoek.

Die leerders was slegs vir een dag op die kamp waartydens die tragedie plaasgevind het. ‘n Gedenkdiens is Woensdag deur die skool vir Temilton gehou.

“We are devastated by this tragic loss. We convey our sincerest condolences to the bereaved family and school community at large. We are hopeful an independent investigation into this incident will assist to determine on what exactly occurred,” het Chiloane gesê.

Volgens Women For Change was daar nie toesig by die swembad nie. Hulle sê voorts Temilton se ouers het glo minder as ‘n uur voordat sy van die leierskamp sou terugkeer huis toe van haar afsterwe gehoor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief