Pta. Girls High – nog ‘n leerder oor beweerde rassistiese video geskors

Lees ook :

Foto: Pretoria High School for Girls Facebook-blad

GAUTENG. – ‘n Matriekleerder van Pretoria Girls High is Woensdag geskors weens ‘n video met ‘n beweerde rassistiese strekking geskors. Dit is bo en behalwe nog 12 leerders en die skoolhoof wat vroeër geskors is.

Agt van die groep meisies wat aanvanklik geskors is, is prefekte.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement, het die skorsing bevestig.

Die leerder wat nou geskors is, het glo in Februarie die video met rassistiese ondertone gemaak. Die video het intussen viraal op sosiale media geraak. Sy is deur die beheerliggaam geskors en formele dissiplinêre prosesse gaan volg.

Die onderwysdepartement in die provinsie neem insidente soos hierdie baie ernstig op en sal verseker dat toepaslike stappe geneem word, volgens ‘n mediaverklaring deur die departement.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief