Die toekoms om van die huis af werk

Lees ook :

Van die huis af werk

Lees ook: Werkgewers kan nou wettiglik produktiwiteit met afstandswerk monitor

Om van die huis af te werk het tydens die Covid-pandemie noodsaaklik geword. Vandag werk baie mense steeds van die huis af, maar is dit die beste manier om produktief te wees? 

Daar is natuurlik verskeie voordele van die huis af werk. Dit spaar tyd en petrol as jy nie hoef werk toe te ry nie. Anette Fourie, ‘n Nuusflits-leser, sê sy is mal daaroor om van die huis af te werk. “Ek is baie meer produktief, aangesien daar baie minder onderbrekings is.”

Alleenheid uitdagend

Sasha Moodley, wat al drie jaar van die huis af werk, sê alhoewel sy geld spaar op petrol en meer produktief is by die huis, sy die stilte en alleenheid uitdagend vind. Lee Church van Tonder stem saam: “Om van die huis af te werk het sy eie sielkundige probleme. Jy MOET jou huis en kantooromgewing verdeel.” Van Tonder sê dis ook belangrik om jou kantoorlewe en privaatlewe apart te hou. Danie Combrink, wat al jare vir homself van die huis af werk, stem saam. “Selfdissipline is belangrik.”

Werkgewers se rol

Werkgewers moet effektiewe strategieë implementeer, soos gereelde virtuele vergaderings en duidelike kommunikasiekanale, om die uitdagings van werk van die huis af te hanteer. ‘n Vaste roetine is belangrik.

Of dit in die toekoms volhoubaar gaan wees vir werknemers om van die huis af te werk, sal nog bepaal moet word. Vir nou, blyk dit dat baie Nuusflits-lesers voordele daaruit vind en positief is oor die geleentheid om van die huis af te werk.

Lees ook: Werkgewers kan nou wettiglik produktiwiteit met afstandswerk monitor

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief