Reeksverkragter swaar gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Granton Williams (47) is Maandag deur die Gqeberha-hooggeregshof op 16 aanklagte vir ‘n reeks verkragtings tot vyf keer lewenslank gevonnis.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê Williams het tussen 2017 en 2021 vyf vroue tussen 17 en 28 jaar oud uitgelok en verkrag. Williams sou vroue wat alleen stap, teiken, met ‘n speelgoedvuurwapen dreig en hulle dan op afgeleë plekke naby sy huis in Missionvale verkrag.

Janse van Rensburg sê Williams is gedurende Augustus 2022 weens ‘n aanklag van koperdiefstal in die Algoa Park-area in hegtenis geneem. Na Williams se arrestasie is ‘n DNS-mondmonster geneem wat hom as verdagte positief aan vyf onopgeloste verkragtingsake gekoppel het. Hy het tydens die verkragtings die slagoffers se selfone en klere gesteel. Hy is na ‘n jaar weer op 20 Augustus 2023 by ‘n verlate gebou in Missionvale in hegtenis geneem.

Williams het Maandag op alle aanklagtes teen hom skuldig gepleit. Hy was vir die duur van die hofsaak in aanhouding.

Hy is op vyf aanklagte van verkragting tot vyf jaar, op elk van vier aanklagte van ontvoering vyf jaar, op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede tot 15 jaar elk, op elk van vier aanklagte van die rig van ‘n voorwerp wat ‘n persoon laat dink het dit is ‘n vuurwapen vyf jaar, en op ‘n aanklag van diefstal tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Die vonnisse vanaf aanklagte 1 tot 16 sal gelyktydig saam met die lewensvonnisse uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief