Verkragtingsverdagte gesoek, identikit saamgestel

Lees ook :

Identikit: SAPD

OOS-KAAP. – Die verdagte wat na bewering ‘n tienermeisie op 14 Julie in North End in Gqeberha verkrag het, word deur die GKS-eenheid gesoek.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die meisie (16) het omstreeks 14:40 van ‘n swart Hyundai deur e-hailing gebruik gemaak. Sy wou ‘n geleentheid na Somerstrand gehad het, maar instede het die bestuurder met haar na North End-meer gery. Die meisie het probeer weghardloop, maar die verdagte het haar gevang en terug in die voertuig ingedwing, waarna hy haar glo verkrag het.

Sy is daarna net daar gelaat terwyl die verdagte weggery het. Die meisie het ‘n verkragtingsaak by Mount Road-polisie oopgemaak.

‘n Identikit van die verdagte is saamgestel. Hy was in ‘n blou denimbroek en wit T-hemp geklee, is ongeveer 1.7 m lank en is vermoedelik tussen 20 en 25 jaar oud.

Enigiemand wat die verdagte herken, kan speur.AO Timothy Minyayo by 071 475 1731 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief