Lees ook hier: https://nuusflits.com/verdagte-in-plaasmoord-gearresteer/
GAUTENG. – Andries Komane Sello (37), die beskuldigde van ‘n plaasmoord op 20 Julie waartydens ‘n bejaarde man (81) dood is, het sy aansoek vir borg laat vaar.
Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Sello staan tereg om aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die besit van gesteelde eiendom.
‘n Polisiebeampte is op 20 Julie omstreeks 14:00 na ‘n plaasaanval op plot 2 Louwsbaken. Twee getuies is teëgekom wat hom meegedeel het hulle het ‘n oproep van die egpaar op die plot se dogter gekry nadat sy hulle nie in die hande kon kry nie. Sy het hulle gevra om ondersoek in te stel.
Met aankoms op die plot is die bejaarde man vermoor op die vloer in die eetkamer met ‘n oop wond aan sy kop en sy voete met draad vasgebind, aangetref. Die vrou is met beserings op die kombuisvloer gekry en is vir mediese hulp na ‘n hospitaal geneem.
Die verdagte is tydens die polisie se ondersoek op 25 Julie in hegtenis geneem en items wat gesteel was is ook by die plek waar hy bly, gevind.
Die saak is vir verdere ondersoek tot 26 September uitgestel.
Sello bly in aanhouding.





