‘Dit is ‘n tydperk van bou en herstel’ – skoolhoof na Deveney Nel se moord

Lees ook :

Foto: Facebook

Lees ook hier: /https://nuusflits.com/vermiste-meisie-se-dood-ondersoek/

WES-KAAP. – Terwyl Hoërskool Overberg vandag “soort van” na normaal terugkeer en nie meer ‘n misdaadtoneel is nie, sê die skoolhoof dit is ‘n tydperk van rou, hartseer, maar ook van bou en herstel.

Deveney Nel, ‘n gr. 10-leerder het nie ná haar skool se sportwedstryde vir haar geleentheid huis toe opgedaag nie. Sy is as vermis aangemeld, maar haar liggaam is Woensdag op die skoolperseel in ‘n stoorkamer gevind. Die skool was Donderdag as ‘n aktiewe misdaadtoneel gesluit.

Johan Jacobs, die skoolhoof van Hoërskool Overberg, sê aan Nuusflits: “In hierdie hartseer tyd gaan ons harte uit aan die Nel-familie, ons leerders en ons ouers.”

Kapt. Frederick van Wyk sê die ondersoekbeampte in die moordsaak volg alle leidrade op. Enigiemand met inligting van die noodlottige insident word gevra om brig. Leon Hanana by 082 522 2281 te bel.

Bronagh Hammond, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê sielkundiges en maatskaplike werkers staan die leerders van die skool en die gemeenskap by.

David Maynier, minister van onderwys in die provinsie, sê daar is kontak met Anroux Marais, die provinsiale minister van polisietoesig en gemeenskapsveiligheid, wat ondersteuning bied en sê die ondersoek van die polisie sal gemonitor word.

Die departement vra vir privaatheid terwyl die familie, vriende en personeel die verlies hanteer. Ondersteuning is hierdie week steeds aan die skoolhoof, sy personeel en leerders beskikbaar.

“Alhoewel daar groot belangstelling in hierdie saak is, is en sal die welstand van ons leerders en personeel ons sleutelprioriteit bly. Ons sal die uitslag van die SAPD-ondersoek afwag: die oortreder van hierdie verskriklike misdaad moet voor die hof gebring word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief