WES-KAAP. – Maj.genl. Mzwandile Tiyo is nou die voormalige misdaadintelligensiehoof van die provinsie, nadat hy ontslaan is.
Ian Cameron, voorsitter vir die portefeuljekomitee van die polisie, het die afdanking verwelkom.
Die besluit om Tiyo af te dank kom nadat ‘n bevoegdheidsondersoek gedoen is. Tiyo het na bewering sy skootrekenaar en vuurwapen by ‘n taverne verloor waar dit uit ‘n voertuig gesteel is en het daarna intelligensiehulpmiddele gebruik om die verdagtes op te spoor en hulle glo boonop aangerand.
Kriminele aanklagte van ontvoering en regsverydeling is ook teen Tiyo gemaak en die ondersoek is steeds aan die gang.
“Dit is dieselfde genl. Mzwandile Tiyo van wie so ver terug as 2013 in die media berig is ‘offisiere opdrag gegee het om nie verkragtingsake te open nie, maar eerder om dit as navrae aan te teken.'”






