Verdagtes tydens inbraak deur bejaarde huiseienaar gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee verdagtes is Dinsdagaand tydens ‘n inbraak by ‘n huis in Lutmanstraat, Richmond Hill, Gqeberha, gewond.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die klaer (73) het omstreeks 20:40 van ‘n geraas wakker geword. Hy het sy vuurwapen by hom gehad en ondersoek ingestel. Drie verdagtes het hom in die gang genader, waarna hy twee skote geskiet en twee van die verdagtes gewond het. Die derde verdagte het van die toneel gevlug.

Die verdagtes het ‘n venster van ‘n slaapkamer aan die voorkant van die huis verwyder om toegang te verkry. Niks is gesteel nie en die klaer het geen beserings opgedoen nie.

‘n Privaat veiligheidsmaatskappy en metropolisie het die verdagtes, 31 en 37 jaar oud, aangekeer. Hulle is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Humewood-polisiestasie ondersoek sake van poging tot moord en huisbraak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief