Hoofseun se verdrinking betreur

Lees ook :

Foto's: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Reza Saloogee (18) se dood word deur sy familie, skool en vriende betreur, nadat hy Sondag in die Vaaldam vermis geraak en sy liggaam gistermiddag eers gevind is.

Saloogee was die hoofseun van Hoërskool Greenside in Randburg. Die skool het hulle hoofseun se afsterwe vanoggend op Facebook betreur en medelye met sy familie en vriende betuig.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, het hartseer oor die hoofseun se dood uitgespreek. Die seun was saam met familielede en vriende by ‘n dam waar hulle visgevang het. Saloogee is deur ‘n sterk stroom meegesleur nadat hy visgereedskap wou red wat deur die wind die water ingewaai is.

“Psigososiale ondersteuning sal aan leerders en personeel by Hoërskool Greenside beskikbaar gestel word om hierdie tragiese verlies verwerk. Ons wil ons innige meegevoel aan die familie en skoolgemeenskap oordra.”

Maj.genl. Fred Kekana, die provinsiale adjunkkommissaris, sê Saloogee se familie was op die toneel toe sy liggaam gevind is.

Die soektog na Saloogee deur verskeie polisie-eenhede, wat die watervleuel en honde-eenheid asook Ekurhuleni, Johannesburg, Tshwane en Sedibeng insluit, het Sondagmiddag begin en Dinsdagmiddag met die tragiese vonds van die liggaam geëindig.

Kekana sê die watervleuellede wat pas van ‘n weeklange opknappingskursus in Durban gekom het, het sonder om te dink ingespring om na die tienerseun te soek.

“Dit is prysenswaardig en ons doen ‘n beroep op gemeenskappe om nou met hulle saam te werk” het Kekana gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App