NOORD-KAAP. – Kevin Steenkamp (33) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op 1 November 2023 ‘n bejaarde vrou (62) in Kimberley beroof het.
Lt.kol. Sergio Kock sê die slagoffer was onderweg kerk toe, toe Steenkamp haar op die hoek van Fuller- en West Endstraat met ‘n mes oorval en van haar handsak en juwele beroof het.
Lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris in die provinsie, het speur.AO Joe Vink van Kimberley-speurtak vir sy ondersoekwerk en die verseker van die vonnis geprys.





